Pro Arte Produksies is 'n geregistreerde maatskappy op Bethlehem wat daarop toegespits is om die kunste te bevorder deur gehalte kunstenaars en produksies na die Oos-Vrystaat te bring.

Aan die stuur van Pro Arte is Susan Maré en Dries Kotze, produksiebestuurder. Altwee Bethlehemiete is reeds vir jare betrokke by die organisering van konserte of die bevordering van kuns en kultuur in die Oos-Vrystaat.



OUPA EN OUMA RAAK ROMANTIES ­– STOEPSTORIES
Komedietoneel op sy heel beste! Volgepakte sale op minstens drie kunstefeeste!

Pro Arte vat binnekort die lang pad met Johan en Lida Botha se treffer komedietoneel, Oupa en ouma raak romanties. Die toer skop op Gariepdam af en eindig op Rosendal. Hopelik is hierdie die begin van ‘n nuwe ontwaking en waardering vir Afrikaanse toneel op die Vrystaatse platteland. Nog toere van hierdie aard is vir 2011 in beplanning met van Suid-Afrika se top kunstenaars – hou hierdie webwerf gerus dop!

'Oupa en Ouma' op toer in die Vrystaat. Ons almal ken hulle – die oupa en ouma wat al vir ewig getroud is en kan kibbel oor die kleinste dingetjie. Ja, hulle sit op 'n stoep en raak romanties. Oupa Stanley is glo 'n regte Chauvinis en ouma Deborah lyk of sy heeltemal gedweë en op haar plek is - maar 'n mens wonder wie was vanaand die skottelgoed...

Leon Kruger het uit hierdie gegewe ’n komedie, Oupa en Ouma sit op die stoep, geskryf wat in 2009 en 2010 op verskeie kunstefeeste ’n groot trekpleister was en sale volgepak het.

Inwoners van Gariepdam, Smithfield, Winburg, Sasolburg, Bethlehem en Rosendal kan solank op hulle stoele begin regskuif vir toneelkomedie uit die boonste rakke wanneer Johan en Lida Botha, bekende akteur-egpaar in Suid-Afrika onder die vlerk van Pro Arte Produksies dié dorpe gaan besoek.

Die konsert op Bethlehem is ten bate van Kansa in die Oos-Vrystaat.

CV's van Lida en Johan Botha kan hier besigtig word.

TOERPROGRAM

Gariepdam, 1 November:

kleinteater@rolbalklub
. Navrae: Danie van Huyssteeen by (051) 754-0085.
Gratis konsert – slegs donasies.

Smithfield, 2 November:

NG-kerksaal.
Navrae: Lizette Prinsloo by 082-562-3256. R70.

Winburg, 3 November:

NG kerksaal Rietfontein.
Navrae: Susan Maré by 083-469-1597. R70.
Die Melkwinkel/Stal verkoop die kaartjies vanaf Maandag

Sasolburg, 4 November:

Etienne Rossouw-teater.
Navrae: Dries Kotze by 083-632-0297. R90.

Bethlehem, 5 November:

NG kerksaal Bethlehem-Wes.
Navrae: Dries Kotze by 083-632-0297. R80 by Libri.

Rosendal, 6 November:

Rosendal-teater
. Navrae: Chris van Niekerk by (058) 211-0209. R90

 

Pro Arte se bankbesonderhede

Absa Bank (Bethlehem-tak)
Rekeningnommer: 9216267910
Spaarrekening: Pro Arte Produksies
Vir aandag: S.E. Mare
Selfoon: 083-469-1597
Faks: 086-5544-112

*** Meld u naam en kontaknommer as verwysing.
*** Boodskapblokkie: Meld die aantal kaartjies wat gekoop is.

 

Kunste in die Oos-Vrystaat

Spesiaal met die hand uitgesoek

Susan sê: "Om kunstefeeste by te woon is altyd 'n buitengewone ervaring maar vir baie Oos-Vrystaters het dit nou 'n luukse geword. Ver afstande, duur brandstof asook peperduur verblyf en kaartjies maak dit vir Oos-Vrystaatse gesinne moeilik om jaarliks van die feeste by te woon.

"Pro Arte wil as antwoord uitgesoeke kunstenaars en produksies op Oos-Vrystaters se voorstoep kom neersit en hulle so te laat deel in die room wat Suid-Afrika bied."

'n Toerismebestemming ryk aan talent

Die Oos-Vrystaat is nie net een van die mooiste streke en toerismebestemmings in die land nie maar word bewoon deur talentvolle mense met 'n buitegewone fyn aanvoeling, waardering en ingesteldheid op die kunste.

Die streek is eweneens skatryk aan musiektalent. Dit verbaas dus nie dat 'n dorp soos Bethlehem in 2007 'n nasionale wenner in Sanlam se instrumentale kompetisie vir laerskoolleerlinge opgelewer het nie of dat die dorp in 2008 vier kandidate in die eindronde van die gesogte kompetisie opgelewer het.

Gehalte, gehalte, gehalte


Pro Arte onderskryf gehalte. Kunstenaars wat spesiaal met die hand uitgesoek is sal deur Pro Arte genader word om Oos-Vrystaters met hul besonderse talente te kom verryk.

Kontak Pro Arte vir optredes

Kunstenaars of impresarios met spogproduksies wat graag in die Oos-Vrystaat wil kom optree word genooi om deur middel van hierdie webwerf by Pro Arte se deur te kom aanklop om 'n verhoog en gehoor te vind.

Oos-Vrystaters wat kunstenaars of produksies wil aanbied vir geldinsamelings of vermaak kan van Pro Arte se professionele dienste gebruik maak om die nodige reëlings te tref.

Oos-Vrystaatse kunstenaars wat groter blootstelling verlang kan Pro Arte nader om vir hulle konsertgeleenthede te vind.