LOUISA WEIDEMAN, Fouriesburg: .............................................................................................................................................................. Sannetjie Marais, sannetjiem@yahoo.co.uk: Hallo "Juffrou Susan"! My ma het vir my die e-pos met die skakel aangestuur. Dis so 'n pragtige webblad en 'n heerlike idee! Sterkte met al die aktiwiteite! .............................................................................................................................................................. Sarel Venter, Bloemfontein: Dit is sommer baie goeie nuus - die produksieliggaam wat jy op die been gebring het. Alle sukses daarmee! Mag dit die Oos-Vrystaat ook op die kultuur-"map" plaas. .............................................................................................................................................................. Hester van Heerden, Bethlehem: Hou my asseblief op hoogte van al die produksies. Baie geluk en sterkte met 'n fantastiese projek. Ek is so opgewonde en hoop ons gaan sommer baie drama en komedies kry. .............................................................................................................................................................. Gerrie Roetz, Bethlehem: Hi Susan, baie dankie. Jou kwaliteite ken geen perke! En die sukses wat jy met hierdie projek gaan bereik sal net die vrug wees wat jy verdien. Vriendelike groete. .............................................................................................................................................................. Christo Nel, Somerset-Wes: Hallo Susan. Fantasties! Baie geluk met hierdie wonderlike inisiatief! Mag hierdie verhoog werklik baie lewensgenot en lewe aan derduisende in die toekoms bedien. .............................................................................................................................................................. Karin Schwim, Bethlehem: Baie geluk. So professioneel. Ek wens jou alle sterkte en voorspoed toe!! .............................................................................................................................................................. Lukas Klopper, Kanada: Hi Susan, het nou net die berig in Vrystaat gelees, ons is so jaloers dat ons nie kan deel in al die uitvoerings nie! As jy dalk weer met Laurika praat kan jy maar noem dat sy groot bewonderaars het van die dag wat ons haar die eerste keer jare terug gehoor het! .............................................................................................................................................................. Ettienne Mare, Phalaborwa: Susan, Leana het jou epos vir my aangestuur. Baie geluk en alle voorspoed met die onderneming. Baie groete. Ek is oortuig dit gaan 'n reuse sukses wees. .............................................................................................................................................................. Inalize Cilliers, Frankfort: Ek is baie opgewonde oor jou projek. Ek sal baie graag veral vir Laurika Rauch se vertoning kaartjies wil kry. Kan jy my asseblief laat weet wanneer kaartjieverkope open? Is dit moontlik om 'n blokbespreking te doen? Ons ATKV-tak probeer om soms 'n bus vol te pak en iets saam te gaan kyk. Hierdie klink na 'n ideale geleentheid. .............................................................................................................................................................. Pierre en Jolindi Fourie, Bethlehem: Graag wil ons jou gelukwens met gisteraand se Pro Arte-aanbieding van Ilne Fourie se Impi. Ek en Pierre het dit regtig baie geniet en lekker ontspan. Baie dankie vir die komplimentêre kaartjies, dit word opreg waardeer. Ons wens jou alle sukses en voorspoed toe vir al die komende optredes. .............................................................................................................................................................. Christine Odendaal en Harrismithers van Bustoer na Romanz-konsert: Wil jou gelukwens met die ysbreker, Romanz!!! ALMAL was dit eens dat dit ‘n reuse sukses was en almal wat uitgemis het is spyt hulle het kwaliteitkuns gemis!!! Almal het die busrit geniet en na die vertoning het ons by Ocean Basket gaan eet. Ek wil nie weet hoe vol die saal gaan wees met die volgende vertonings nie! Dankie dat jy iets positiefs vir ons plattelanders doen. Ons waardeer en sal sover moontlik jou ondersteun. ‘n Pal van my sê gisteraand dat ons almal die moeite ontsien om jou roetine te breek van werk, huis, werk ens...en dit is waar!! Hou aan om goeie werk te doen en ons sal al die roes van die hedendaagse gejaagde geslag af kry! .............................................................................................................................................................. Thersia Craven, Bethlehem: Bethlehemiete moenie kla as stadsgeleenthede by hulle verbygaan nie. Daar het die jong produksiemaatskappy PRO ARTE 'n wonderlike geleentheid geskep vir 'n ieder en elk om héérlik te ontspan, te skaterlag, selfs 'n traan te pink met die jong BAIE talentvolle aktrise Ilne Fourie se 'Meisie'-stories in Impi onlangs in die NG-kerksaal Bethlehem-Wes. Waar was die gehoor? Geskitter in hul afwesigheid terwyl die kunstenaar 'n gehoor van minstens 4 of 5 maal die grootte verdien het! Dit grief my dat soveel moeite gedoen word, dat 'n kunstenaar soveel géé, en dan daag ons dorp se mense - insluitende groot kultuurgeeste, asook sogenaamde ondersteuners van die kunste en Afrikaans-handhawers - net gewoon nie op nie... Dit sê, wat my betref, nie veel van ons dorp se mense nie, behalwe miskien: Hier draai die meerderheid alweer 'n skitter-idee onseremonieel nek om, in elk geval wat toneel betref, en dit terwyl PRO ARTE reeds onderhandelinge beplan met Shaleen Surtie-Richards (vir dié wat nog nooit van Poppie Nongena of Fiela gehoor het nie, dis nou Nenna van EGOLI) is om haar SHIRLEY VALENTYN hierheen te bring! A nee a, Bethlehem, ons kan dit mos nie deur die vingers laat glip nie! Baie dankie aan die handjievol wat die kunste in Bethlehem dra. Hou dit vol. Laat die passiewes en ongeërgtes maar die skade aan hulle menswees ly.
|

